Giorgia Meloni

Giorgia Meloni
Giorgia Meloni
Giorgia Meloni in 2022

Eerste minister van Italië
Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Oktober 2022
Vise Antonio Tajani
Matteo Salvini
President Sergio Mattarella
Voorafgegaan deur Mario Draghi

Partyleier van die Broers van Italië
Ampsbekleër
Termynaanvang
8 Maart 2014
President Ignazio La Russa
Voorafgegaan deur Angelino Alfano

Minister vir Jeug
Ampstermyn
8 Mei 2008 – 16 November 2011
Voorafgegaan deur Giovanna Melandri
Opgevolg deur Andrea Riccardi

Visepresident van die Kamer van Afgevaardigdes
Ampstermyn
4 April 2006 – 28 April 2008

Lid van die Kamer van Afgevaardigdes
Ampsbekleër
Termynaanvang
28 April 2006

Persoonlike besonderhede
Gebore (1977-01-15)15 Januarie 1977
Rome, Italië
Politieke party Broers van Italië
Eggenoot/-note Andrea Giambruno
Kind(ers) 1
Alma mater Istituto Amerigo Vespucci, Rome
Handtekening

Giorgia Meloni (* 15 Januarie 1977 in Rome) is 'n Italiaanse joernalis en politikus wat sedert 22 Oktober 2022 as die Eerste Minister van Italië dien; sy is die eerste vrou om in die pos te dien.

Sy dien sedert 8 Maart 2014 as voorsitter van die nasionaal-konserwatiewe party, die Broers van Italië. In Silvio Berlusconi se vierde kabinet het sy tussen Mei 2008 en November 2011 die amp van minister vir jeug beklee.

In September 2022 het haar party, aan die hoof van 'n regse koalisie, die Italiaanse nasionale verkiesing gewen. Die Broers van Italië en sy koalisievennote sal voorts 'n sterk meerderheid in beide huise van die Italiaanse parlement hê. Die verkiesing is uitgeroep na die ineenstorting van Mario Draghi se sentrum-linkse koalisieregering in Julie 2022.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search